Anna Atoom en die seerower se dolk

  1. home
  2. Books
  3. Anna Atoom en die seerower se dolk

Anna Atoom en die seerower se dolk

4.06 15 4
Share:

Ons heldin: Anna Atoom, 'n gewone twaalfjarige meisie.Woonplek: MonPetit, 'n tropiese eiland in die Indiese Oseaan, met 'n glashelder see, goue...

Also Available in:

  • Amazon
  • Audible
  • Barnes & Noble
  • AbeBooks
  • Kobo

More Details

Ons heldin: Anna Atoom, 'n gewone twaalfjarige meisie.

Woonplek: MonPetit, 'n tropiese eiland in die Indiese Oseaan, met 'n glashelder see, goue strande en luilekker sonskyndae ...

Stokperdjies: Sy het seeslakke en 'n robot-hond as troeteldiere, en snorkel in haar eie private baai.

Familielede: Haar ma is 'n wetenskaplike wat die mees gesofistikeerde weerstasie in die wêreld op MonPetit beman, en haar pa bly in 'n ruimtestasie vol diere: 'n moderne ark waar spesies bewaar word ingeval hulle sou uitsterf op aarde. Haar boetie, Pip, is half mens, half robot.

(Anna sê:) Hemels, of hoe? Maar die lewe op MonPetit kan soms ook vervelig wees, soos wanneer dit skooltyd is, of as my kleinboetie my irriteer, of as my ma heeldag werk.

'n Ekologiese ramp tref die aarde: alge begin die oseane oorgroei en bedreig alle lewe in die see Terwyl Anna se ouers probeer uitvind wat dit veroorsaak het, en hoe om dit te keer, stel Anna net in een ding belang: 'n ou dolk wat sy in die see gevind het. Sy glo dit het meer as tweehonderd jaar gelede aan 'n beroemde seerower behoort.

Waar lê die wrak van sy skip? En wat het van sy skat geword?
(flapteks)

  • Format:Paperback
  • Pages:177 pages
  • Publication:2011
  • Publisher:Tafelberg
  • Edition:
  • Language:afr
  • ISBN10:0624053326
  • ISBN13:9780624053323
  • kindle Asin:0624053326

About Author

Elizabeth Wasserman

Elizabeth Wasserman

4.05 550 71
View All Books