Die verminktes
Die verminktes van Bartho Smit het oorspronklik in 1960 verskyn. Gedurende dieselfde jaar is dit in Engelse vertaling in die Royal Court Theatre in...
Also Available in:
- Amazon
- Audible
- Barnes & Noble
- AbeBooks
- Kobo
More Details
Die verminktes van Bartho Smit het oorspronklik in 1960 verskyn. Gedurende dieselfde jaar is dit in Engelse vertaling in die Royal Court Theatre in Londen opgevoer, en aan die einde van daardie jaar is die Encyclopaedia Brittannica Award daaraan toegeken. In Suid-Afrika het geen beroepsgeselskap egter tot dusver sy weg oopgesien om die stuk op die planke te bring nie.
Toe die skrywer 'n jaar of drie gelede verneem dat Die verminktes deur TRUK op sy speelplan geplaas is, het hy die werk ingrypend herskryf aangesien hy nie meer gelukkig gevoel het oor die oorspronklike teks nie.
"Die herskrewe konsep," verklaar prof. F.I.J van Rensburg in 'n keurverslag, "maak van die drama een van universele skuld, nie een van skuld van slegs sommige van die karakters nie. Dit slaag daarin om 'n situasie op te roep wat dit onvermydelik maak dat élke deelnemer met skeefheid besmet word. Die houding teenoor kleur maak skuld, lyding, ens. iets onvermydeliks. M.a.w. die stuk het veel meer tragedie geword as wat die vorige was ... Skuld word op 'n veel meer verantwoorde wyse oor die karakters versprei. En daarmee het ons 'n totale aardverandering van die drama: simpatie-met-'n-karakter het plek gemaak vir besef-van-'n-situasie ... My oorheersende gevoel is dat dit 'n besonder gepaste stuk vir die huidige tyd is." (flapteks)
- Format:Hardcover
- Pages:57 pages
- Publication:1976
- Publisher:Perskor
- Edition:Tweede herskrewe uitgawe
- Language:afr
- ISBN10:0628010842
- ISBN13:9780628010841
- kindle Asin:0628010842









