Blinde Gode

  1. home
  2. Books
  3. Blinde Gode

Blinde Gode

4.13 30 3
Share:

Die vraag wat die Romeinse digter Juvenalis 2000 jaar gelede gevra het, word vandag steeds onbeantwoord gelaat: Wie sal toesien dat die...

Also Available in:

  • Amazon
  • Audible
  • Barnes & Noble
  • AbeBooks
  • Kobo

More Details

Die vraag wat die Romeinse digter Juvenalis 2000 jaar gelede gevra het, word vandag steeds onbeantwoord gelaat: Wie sal toesien dat die bewakers
bewaak word?

Aella O’Malley is bevorder na bevelvoerder van die speurtak op Opathe sedert die dramatiese gebeure in Dowe gode. Dis nou eers ’n week en sy moet nog gewoond raak daaraan wanneer mense haar as kolonel aanspreek.

Sy sukkel steeds om die dood van haar geliefde Roel te verwerk en is getraumatiseer deur Whistler se verraad. Sy ontvang besoek van ’n afgevaardigde van ’n presidensiële kommissie van ondersoek na korrupsie in die strafregstelsel – op die presiese tydstip wat ’n plaaslike landdros dood in sy motor gevind word. Hy is tereggestel.

Aella is verplig om kontak te maak met majoor Christophe Leblanc om haar te help om data te herwin ten einde die ondersoek te bespoedig. Leblanc is ’n Fransman van Interpol wat Suid-Afrika toe gestuur is om uit te vind wat van die geld word wat Europa vir renosterbewaring skenk.

Terselfdertyd word twee renosterstropers koelbloedig voor kolonel Alexander MacLachlan
op die verre noordelike grens van die provinsie doodgeskiet. Hy arresteer die moordenaar op die toneel. Sy saak word beduiwel toe die moordenaar homself om die lewe bring.

Hoe hou die moord op ’n landdros en die teregstelling van twee renosterstropers met mekaar verband? Die ondersoek lei O’Malley en MacLachlan na mekaar, met skokkende gevolge.

Die ondersoek is egter ook ’n helingsproses vir O’Malley. Deur die harde werklikheid van ’n
moordondersoek leer sy dat die dooies die dooies moet begrawe en dat hoop nooit ydel kan
wees nie.

  • Format:
  • Pages: pages
  • Publication:
  • Publisher:
  • Edition:First Edition
  • Language:
  • ISBN10:0799398209
  • ISBN13:9780799398205
  • kindle Asin:B08ZCKKSSH

About Author

Dibi Breytenbach

Dibi Breytenbach

4.05 455 69
View All Books