Sonbesie
Op 32 is die enigste ding wat nog 'n smile op Katrien Lindeque se gesig kan sit 'n ordentlike reisopdrag. Iets glitzy. Iets glamorous. Iets wat haar...
Also Available in:
- Amazon
- Audible
- Barnes & Noble
- AbeBooks
- Kobo
More Details
Op 32 is die enigste ding wat nog 'n smile op Katrien Lindeque se gesig kan sit 'n ordentlike reisopdrag. Iets glitzy. Iets glamorous. Iets wat haar verkieslik wegneem van die Kaapse winters en haar ma se ewige gesanik oor die oop plekke in haar familiealbums waar daar teen die tyd al kleinkinders moes gepryk het. Sedert Katrien by Horison, Suid-Afrika se nuutste en blinkste reistydskrif, aangesluit het, doen sy nog net die sieldodende aanlynkolom. Na al die boyfriends wat sy moes prysgee, is dit al waarop haar "droomjob" in die Kaap neergekom het. Maar Katrien se kans is uiteindelik daar: 'n uitnodiging na die eksklusiewe mediabekendstelling van Cicada Lodge in die Bosveld, die nuwe vyfster-onderneming van die stinkryk (en bitterlik sexy) hotelmagnaat Alex Ramsay en sy seun Eric. Die enigste probleem is dat die uitnodiging gerig is aan haar redakteur, Ediena du Preez. Maar so 'n onbenulligheidjie laat Katrien nie van haar missie afsien nie. Die geleentheid kan haar eerste ordentlike storie word!
- Format:Paperback
- Pages:286 pages
- Publication:2010
- Publisher:Tafelberg Publishers Ltd - South Africa
- Edition:
- Language:afr
- ISBN10:0624049159
- ISBN13:9780624049159
- kindle Asin:0624049159









